Boe!

As spoke jou kom bang maak
Is dit wat jy moet doen
Los die deur oop op 'n skrefie
En sit klippe in jou skoen

Want 'n spook is bang vir liggies en hy kyk nooit waar hy loop nie
Spoke is 'n bietjie toe, kyk net wat gebeur as jy sê

Boe

Los 'n beertjie by jou kussing
Vat 'n hap uit 'n lemoen
Maak jou wange wit met meelblom
En onthou om ma te soen

Want daddies maak vir spoke bang, lemoene maak sy ooge tɾaan
Spoke is 'n bietjie toe, kyk net wat gebeur as jy sê

Boe

Jy weet spoke is deurskynend
Hey, so iets wat jy moet doen
Jy kan ɾeg deur hulle koppe kyk, sien daar's geen brein om van te noem

Hulle loop dan ɾeg deur mure, al staan die deure oop (Hallo)
Spoke is 'n bietjie toe, kyk net wat gebeur as jy sê

Boe

Bid vir Liewe Jesus
En eet al jou pampoen
Borsel altyd tande want dit maak spoke groen

Ogies toe en lekker slaap, ɾeguit droomland [Bm]toe
En as jy daar 'n spook sou sien, kyk net wat gebeur as jy sê

Boe
Đăng nhập hoặc đăng ký để bình luận

ĐỌC TIẾP