Bliksem

Baas Craven had 'n brak sy naam was Bliksem
Hy't op Nuweland se grasperke ge-klitsem
Ek loop haal toe die graaf hy sê boeta jy's braaf
Dis danksy sy gestel dat die gras so goed herstel

My liewe brak
My liewe Bliksem

Die Snymans moun by dok oor al die byte
Want Bliksem [A]like [F]die heelagters se kuite
Ek bel die DBV maar dok sê boeta nee
Dis danksy sy gemaai dat die Bergens so laat waai

My liewe brak
My liewe Bliksem

My liewe Bliksem
My liewe bliksemMy liewe Bliksem

Teen winter ɾaak ou Bliksem [A]vir 'n week weg
Ons kry hom op 'n poedel in die duikweg
Ek bring 'n kondoom maar ou dok sê ek droom
Danksy sy geneul word die gene goed verdeel

My liewe brak
My liewe Bliksem

Ou Bliksem [A]het die helde sien kom en gaan
Teen die bestes in die wêreld se been gestaan
Bietjie bloed geruik lekker nat gelê
Ek het hom jare later op die middellyn begrawe

My liewe brak
My liewe Bliksem

My liewe Bliksem
My liewe Bliksem
My liewe Bliksem
My liewe Bliksem
Đăng nhập hoặc đăng ký để bình luận

ĐỌC TIẾP